Party dae is dit mos sommer net of alles verkeerd voel en dinge wil net nie werk soos dit moet nie. Vanoggend was so oggend en toe moet ek nog my netwerk password ook verander, jy ken mos die drill. Die volgende versie kom toe by my op Fil 2:14 - "Doen alles sonder om te kla of teë te praat". Onnodig om te sê, maar hierdie is tans my password! Hierdie prentjie met die ietwat geforseerde smile kry ek toe in 'n email...
ja nee sit op daai "plestiek" smile vir die werk. ha ha ek dink dis 'n baie snaakse hond! jy kort eintlik sulke tanne vir as jy moet deal met ons vrinne van production!!! :-)
ReplyDelete