Friday, October 24, 2008

Lug, Wolke en Son

Die lug, die wolke, die son en dit wat God met dié 3 regkry, fasineer my! Na 'n paar dae se reën en De Villiers se verdriet oor sy kortstondige swem-seisoen wil hy toe by my weet of dit wéér vandag gaan reën. Ek stuur hom toe uit met my selfoon om die wolke te gaan afneem, sodat ek ten minste vir hom 'n idee kan gee. Hierdie is die foto waarmee hy terug gekom het. Dit is nie maklik om 'n weervoorspeller te wees nie...

1 comment:

  1. Ja selfs die mense op die tv sukkel!!! Ons het besluit hulle is 50% vd tyd darem reg. Toe maar sê vir DeV een vd dae swem hy elke dag (en aand!!). Marelie is sommer baie jaloers daarop!

    ReplyDelete