Sunday, October 19, 2008

Pampoene







Eks mal oor hierdie tyd van die jaar. Ons het gister oggend na die pampoenplaas (in die dorp!) gegaan sodat Marelie haar pampoen kan uitkies wat ons 'n pampoenspook van gaan maak. Ons het sommer vir onsself so 'n tradisie uitgedink en dis lekker pret. Ek is mal oor die uitsig wat mens het op die plaas want so ver as die oog kan sien sien jy net die pragtige herfskleure. Ai tog as ek nou net bietjie minder kan tap en beter voel!!!Miskien voel ek more beter. Hoop ek het nou my beurt gehad en my immuunstelsel onthou nou hierdie kieme want wraggies die winter kom nog.

1 comment:

  1. Wow! Maar dis groot pampoene! Eet mens hulle ook of is dit net vir versiering?

    ReplyDelete