Wednesday, October 29, 2008

Hood River







Gister het ons gaan stap langs die Hood rivier. Dit vloei net agter ons woonbuurt deur Hood River voordat in die Columbia rivier uitmond. Die herfs kleure van al die bome en plante saam met die water van die rivier het sulke mooi prentjies gemaak. Dit was al laat middag toe ons gegaan het so die fotos het ongelukkig nie veel son op nie, maar mens kan nog steeds al die wonderlike kleure sien.

1 comment:

  1. As hierdie skilderye was, sou die kleure onwerklik gelyk het - dit is ongelooflik mooi. Mens kan seker nerens gaan sonder om jou kamera saam te neem nie - ek sal die hele dag loop en foto's neem!

    ReplyDelete