Tuesday, October 21, 2008

Groei


Ek lees die 2 Tim 2:22

Flee the evil desires of youth and pursue righteousness, faith, love and peace, along with those who call on the Lord out of a pure heart.

Dit bevestig net weer vir my dat mens moet aanhou groei en soos jou verhouding met Jesus dieper word mens in staat sal raak om dit te doen. Dit is so maklik om dit te vergeestelik en te se dat mens net moet glo en dan sal jy in staat wees daartoe maar ek dink die realiteit is dat dit moeilik is. Vir my voel dit baie dae dat ek maar nog bittermin verander het. Maar ek dink dat die belangrikste deel vd versie bo vir my is dat God weet hoe nodig ons ander het wat ook opreg glo. Dankie my maatjie dat jy my "help" wanneer ek dit die nodigste het. Partymaal sonder dat jy dit eers weet of sonder dat jy eers bedoel het om te help. Ons sal maar so saamsaam groei - die Here weet wat ons nodig het en het my so gebless met jou vriendskap.

Ons het nou die dag na die waterval toe gehike op Mt Hood - Tawanama Falls. Dit is so pragtig daar en het lekker piekniek gehou voor ons weer afgekom het.

1 comment:

  1. Daar is nou maar net eenvoudig party goete wat mens nie alleen kan doen nie, en dit is om geestelik te groei. As ons nie ander mense om ons het om ons te skuur en te skaaf nie, sal ons nooit glad ge-"polish" kan word om eendag in God se kroon te skitter nie! Genadiglik het ons wonderlike vriendinne wat Savlon en Band-Aid strips op ons wonde kan plak. Dankie, jou dierbare mens, vir jou onvoorwaardelike vriendskap!!!

    ReplyDelete