Monday, October 27, 2008

Pomelo Dae


Vandag is ek nou regtig in so 'n pomelo bui. Het so opgestaan en toe ek die pomelo oopsny om te eet netnou dog ek wraggies dis nou net hoe ek vandag voel. So half suur half bitter en vol pitte!! Die naweek het Marelie 'n maatjie gehad wat oorgeslaap het en dis sulke dae wat ek regtig die kultuurverskil sien tussen hoe ons ons kinders grootmaak en hoe die Amerikaners dit doen. Die maatjie het net geen respek vir 'n grootmens nie en 'n absolute reg tot free speech. Wanneer sy iets wil hĂȘ vra sy daarvoor en as jy nie wil spring nie is daar groot ongelukkigheid. Daai hele ding van "kinders moet gesien word en nie gehoor word nie" mentaliteit is so deel van my denke dat ek dit so swaar vind om 'n kind te handle wat heel anders groot geword het. Ek het gister sommer gesnap na die maatjie en voel vandag so bitter sleg daaroor. Ai as ek net kan leer om nie te reageer nie en my mond te hou!!

2 comments:

  1. Sjoe, daai pomelo lyk baie lekker! Maar ek verstaan wat jy bedoel - daar is min dinge wat my so kwaad maak soos 'n ongeskikte kind wat geen respek het vir grootmense nie. Ek dink nie daai kind gaan gou weer by Marelie kom slaap nie...

    ReplyDelete
  2. ag weet jy gelukkig was dit darem nie so erg nie - net 'n comment wat ek nie moes gemaak het nie.

    ReplyDelete