Haai skuus man, hiers ek alweer met my pop stories! Ek het gister begin om "friendship dolls" te maak vir 'n fondsinsameling funksie die 9e Nov. Ek het gedink hulle kan dalk makliker verkoop as die groot duur poppe. Toe ek eers begin kon ek nie ophou nie, hulle is so cute. Marelie lief hulle en wil net ook maak. Laat weet my bietjie of jy dink hulle sal verkoop. Ek het gedink om hulle sommer goedkoop te maak - so omtrent 10 dollar een. Ek moet nou net aan 'n manier dink oor hoe om die idee van "friendship" met hulle oor te dra. Ek het gedink dat dit 'n nice geskenkie kan wees wat een vriendin vir 'n ander kan gee - mmmmm miskien moet ek kaartjies maak met boodskappies soos "best friend ever" of so iets. Maar hoe om dit aan die poppe vas te sit?? Anyway laat ek nog gaan maak.
Hi, dis pragtig. Natuurlik gaan hulle verkoop! Hier's 'n idee: Jy kan hulle so twee-twee verkoop en "vasmaak" met 'n toutjie, wat se: "Best friends are tied together with heart strings", of so iets. Of noem hulle ons blog dolls! :O)
ReplyDelete