Ek is so in my skik met my 2 nuwe stoele! Laas week was ek en Ben in die winkels en ek het toe so 'n Out of Africa moment toe ek die stoel sien. Ek het 'n klein vertrek wat eintlik veronderstel is om die eetkamer te wees maar ek gebruik dit nie daarvoor nie. Dit staan nou al leeg vandat ons hier ingetrek het. Ek gaan dit nou 'n musiekkamer maak en dan my 2 nuwe stoele daar in sit. Ek wag nog vir die een stoel want hulle moes dit vir my bestel en wanneer ek altwee het sal ek vir jou 'n foto stuur van my kamer.
Hulle lyk amper soos opvoustoele maar is nie en is nogal swaar. Ek kan nie een op my eie optel nie.
Dis pragtig - ek kannie wag om die hele prentjie te sien nie!
ReplyDelete