Monday, October 27, 2008

Naweek-Siekte


Wat 'n naweek - De Villiers raak nie sommer siek nie, maar as hy dit wel doen, doen hy dit oor 'n naweek en dan is hy sommer baie siek. Vrydagoggend begin met maagkrampe en opgooi en die hele naweek so deur gegaan. Vanoggend nog dieselle storie - Ben het hom by die dokter gehad vanmiddag en Dr weet nie wat is fout nie. Koors, moeilike asemhaling, maagkrampe, hoofpyn en naar - dis 'n klomp simptome wat nie veel met mekaar te doen het nie. Hy's "afgeboek" tot Donderdag - hopelik gaan dit gou beter. Ek bly ook sommer in die bed...ons het die hele week ISO Audit... genoeg om maagkrampe van te kry!

1 comment:

  1. ag eks jammer vir hom. dis darem terrible om naar te wees en op te gooi. sies tog. ek hoop hys sommer gou weer perdfris. sterkte met die audit - ai dis darem ook nie lekker nie. eks seker al jou dinge is 100% agtermekaar.

    ReplyDelete