Thursday, October 2, 2008

Psalm 91


Hierdie is eintlik 1 Oktober se bydrae:

Ons is vroeg uit George en terwyl ons petrol ingooi oppad uit die dorp, sien ek die prentjie van die Outeniquaberge in al hulle glorie. Psalm 91 (veral vers 1 & 2) kom toe by my op: "Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy se vir die Here: 'U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou' ". Ons het baie kilo's gery en al die pad was ons veilig, sonder om ons "... voet teen 'n klip te stamp". Die Here is so getrou op Sy woord!

1 comment:

  1. Ons God is GOED!! Dankie tog dat Hy in beheer is en nie ons nie.

    ReplyDelete