Thursday, October 23, 2008

Sumac







Toe ons in die huis ingetrek het was dit ook herfs en orals in die dorp het ek die pragtige oranje boompies gesien. Ek oortuig toe vir Ben dat ons ook so een kort ir ons voortuin en ons koop toe so 'n kleintjie. Hy het seker so 10 blare aangehad. Wel dis nou 'n jaar later en arm treurigheid staan omtrent 50cm hoog. Intussen het ek uitgevind dat dit familie is van poison oak so nou is ek nogal spyt ek het dit geplant. Maar dit maak nog steeds vir my die mooiste herfsblaartjies. Jy kan sien teen my lavendar bosse hoe klein en verpiep hy is. Shamepies

1 comment:

  1. Kyk, in die geval is dit nie grootte wat tel nie! Dis pragtige kleure - as dit so mooi op 'n foto lyk, kan ek net dink hoe moet dit in lewende lywe lyk!

    ReplyDelete